RTS DV-4350 User manual


DANKIE VIR U ONDERSTEUNING!
Baie geluk met die aankoop van die RTS DV-4350
YZTERVARK handradio. Nie net is die radio maklik om
te gebruik nie, dit is ook koste effektief, uitstekende
kwaliteit en ‘n handradio waarop u kan staatmaak vir
ure se praatgenot!
Die nuutste tegnologie is in hierdie radio geinkorporeer
en sal u verseker tevrede wees met die kwaliteit en
funksies wat die RTS YZTERVARK u bied.
Voor u die radio gebruik lees asseblief eers die
handleiding deur en vergewis uself van die radio se
werking.

VEILIGHEIDSMAATREELS
Die RTS DV-4350 YZTERVARK handradio is ‘n uitstekende ontwerp met
gevorderde tegnologie wat u tevrede sal laat. Dit is belangrik dat die
gebruiker van enige elektroniese toerusting verstaan wat die gevare
verbonde aan die gebruik daarvan is, en om beserings en beskadiging van
u RTS DV-4350 YZTERVARK radio te voorkom, let asseblief na die
volgende:
1. Hou die handradio en toebehore weg van kinders af.
2. Sou daar vir die een of ander rede fout gaan met hierdie radio, moet u
sorg dat die radio slegs deur ‘n professionele tegnikus herstel word.
Moenie toestemming verleen dat ‘n leek aan u radio karring en peuter
nie.
3. Gebruik slegs die voorgeskrewe battery laaier en battery om skade
aan die radio te voorkom.
4. Gebruik slegs voorgeskrewe antenna om voldoende reikafstand te
behaal.
5. Radio moet nie te lank blootgestel word aan direkte sonlig nie, hou die
radio ook weg van warm voorwerpe.
6. Radios moet ook nie aan buitengewoon stowwerige of vogtige areas
blootgestel word nie.
7. Moenie radios met skadelike chemikalieë of bytmiddels skoonmaak
nie.
8. Moet NOOIT hierdie radio gebruik sonder dat die antenna stewig
opgeskroef is nie.
9. Wanneer u hierdie handstel gebruik, is dit wenslik dat u heelwat
minder sal praat (uitset) as ontvang. Wanneer die handstel vir te lank
uitsaai sal die handstel warm word aan die agterkant waar die battery
geleë is. Moet dan ook nie hierdie warm deel van die radio op enige
plastiese voorwerp neerlê nie.
10. Sou daar enige onaangename reuk of rook ontstaan uit hierdie
handstel, skakel die radio dadelik af, verwyder die battery en kontak u
naaste RTS handelaar.
11. Skakel die radio af wanneer u brandstof inneem of by petrolstasies
staan, by enige plek waar plofstowwe gebruik word, in vliegtuie of
mediese institusies.

UITPAK VAN RADIO
Wanneer u die RTS DV-4350 YZTERVARK radio uit sy verpakking haal,
maak seker dat die volgende items in die pakkie is voor u van die
verpakkingsmateriaal ontslae raak:
STANDAARD BYBEHORE VOORSIEN:
Indien enige van die genoemde bybehore nie daar is nie, of selfs beskadig is,
skakel asseblief u RTS handelaar onverwyld.

HERLAAI VAN BATTERYPAK:
Die batterypak word nie by die fabriek gelaai nie, dus moet u die battery laai
voor dit gebruik word. As die battery vir ‘n lang tyd gebêre word (vir meer as
2 maande) en dan eers herlaai word, sal die battery nie sy volle kapasteit kan
bereik nie. Nadat die battery ‘n volle herlaai en afloop siklus deurgaan het,
sal die radio op sy beste werk. Let ook daarop dat die battery se uitset
vermoë sal afneem na ‘n tyd, al word die battery vol en reg herlaai. Die
battery moet dan vervang word.
VOORGESKREWE BATTERYLAAIER
Wees asseblief seker dat u slegs die batterylaaier gebruik wat aan u RTS
DV-4350 YZTERVARK handradio voorgeskryf is. Ander modelle se
herlaaiers kan skade aan u radio en selfs beserings aan u persoon veroorsaak.
As u die batterypak op u radio sit, en ‘n rooi liggie flikker op u radio, herlaai die
battery.
NEEM KENNIS:
Moet nooit probeer om die omhulsel van die batterypak te verwyder nie.
Wanneer die battery vervang word, moet nie die ou battery probeer
verbrand of in die vuur gooi nie.
RTS sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade wat opgedoen
word as gevolg van ongemagtigde veranderinge aan die battery nie.
Die temperature moet tussen 5º C en 40ºC wees terwyl die battery herlaai
word. As die temperature te veel verskil kan die battery moontlik nie ten
volle herlaai word nie.
Skakel die radio af voor die battery herlaai. Moet ook nie die battery uit
die laaier verwyder voor die battery vol gelaai is nie.
INSTRUKSIES:
Die radio en battery kan apart van mekaar gelaai word.
1. Prop die AC aansluiter of “adaptor” in die kragprop, en die prop van die
kabel in die DC gat aan die agterkant van die herlaaier.
2. Plaas die radio of battery in die battery laaier. Maak seker die battery
maak behoorlik kontak met die laaier - die laaier se liggie sal ROOI skyn.
3. Na ongeveer 3 ure sal die ROOI liggie na GROEN verander as die battery
vol gelaai is. Die battery kan nou uit die laaier verwyder word, die battery
is nou ten volle gelaai.

As die battery vol gelaai is, moet dit nie weer laai nie, dit kan die battery se
lewensduur beïnvloed.
INSTALLERING EN VERWYDERING VAN BATTERY
Druk die battery se lippies tussen die gleufies in en skuif die battery teen die
radio vas. Om die battery uit te haal, druk die knippie aan die onderkant van
die battery en skuif net die battery weer uit die gleufies.
INSTALLERING EN VERWYDERING VAN ANTENNA
Skroef die antenna op die konneksie aan die bokant van die radio.
Hou die radio vas en draai die antenna kloksgewys totdat die antenna styf pas.
Verwyder die antenna van die radio deur die antenna antikloksgewys te draai
tot die antenna los is.

ONTHOU:
Die antenna is nie ‘n handvatsel nie, dit is nie ‘n sleutelring nie, moet dit nie sien
as ‘n enigiets anders as deel van jou radio nie, moet die radio nie aan sy
antenna rond dra nie, jy beskadig jou radio en antenna.
INSTALLERING EN VERWYDERING VAN BELTKNIP
Spasieer die beltknip in die ooreenstemmende groefies op die agterkant van die
handradio, skroef dan kloksgewys vas.
INSTALLERING VAN DIE OPSIONELE LUIDSPREKER EN MIKROFOON
Maak die MIC-SP klappie oop en druk die Luidspreker Mikrofoon konneksie in
die toepaslike gaatjie.
LET OP dat die radio nie waterdig is wanneer hierdie applikasie gebruik word
nie.


BEKENDSTELLING
A. LED Indikasie - Die LED brand aanmekaar ROOI wanneer die radio
uitsaai, en GROEN wanneer die radio sein ontvang.
B. Kanaal skakelaar - Draai kloksgewys om kanale te verander. Kanaal
nommer 16 is die skandeer kanaal.
C. Aan/Af skakelaar en Volume kontrole. Draai kloksgewys om aan te
skakel, en antikloksgewys om af te skakel. Draai in rondte om om
volume stel.
D. PTT Sleutel. Wanneer u wil praat. Druk hierdie sleutel en hou die sleutel
in terwyl u in die mikrofoon praat Los weer hierdie sleutel om ‘n bood-
skap te ontvang.
E. Moniterings Sleutel - Druk en hou (Squelch Af) om agtergrond geraas te
hoor. Los sleutel om radio na normaal terug te keer.
F. Funksie sleutel. Druk sleutel om die liggie aan te skakel.
G. Luidspreker/Mikrofoon.
WERKSVERRIGTING
AAN/AFSKAKEL VAN RADIO
Draai die Aan/Af skakelaar kloksgewys. U sal ‘n beep geluid hoor en ‘n stem
wat aandui dat die radio aangeskakel is.

Verander die volume. Hou die monitering sleutel vas en luister na die klank
terwyl die Krag skakelaar/Volume kontrole gedraai word. Draai kloksgewys om
die volume te verhoog en anti-kloksgewys om die volume te verminder.
Kies ‘n kanaal - draai die kanaal skakelaar om jou kanaal te kies. Kanaal 16 is
die skandeer kanaal.
UITSAAI - Om te praat druk die PTT sleutel en praat duidelik in die mikrofoon
met ‘n normale stem. Die LED liggie sal rooi skyn wanneer u praat. Om
optimale klank te verseker vir die persoon wat die boodskap ontvang, hou die
radio 2 tot 3 sentimeter van jou mond. Los die PTT sleutel sodra u klaar
gepraat het.

EKSTRA FUNKSIES
“SQUELCH “ VLAK
Die doel van hierdie funksie is om die luidspreker te demp wanneer daar nie ‘n
sterk genoeg sein aanwesig is nie (“SQUELCH” af) en om irriterende geraas
vlakke uit te skakel.
Wanneer die “SQUELCH” VLAK dus korrek gestel is (“SQUELCH” aan) sal u
slegs klank hoor wanneer die radio sein sterk is, en onnodige geraas sal dus
uitgeskakel wees.
Die vlakke kan deur sagteware programmering gestel word.
TYD-UIT TELLER (TOT)
Die doel van hierdie funksie is om enige gebruiker te verhoed om te lank
aanmekaar op die radio te praat, wat dan ook skakelik vir die radio kan wees.
Die ingeboude TYD-UITTELLER (TOT) beperk die uitsaai van die radio en
word die gebruiker van die radio deur middel van stem gewaarsku dat die radio
in TOT funksie gaan.
SKANDEER (SCAN)
Die skandeer funksie word gebruik om tussen verskillende kanale te skandeer.
Sodra die funksie opgestel is deur sagteware, draai die kanaal skakelaar na
kanaal 16, en die radio sal die dan outomaties begin om te skandeer tussen
die opgestelde kanale (kanale 1 tot 15).
a) Die radio kan nie skandeer as daar nie ten minste 2 kanale opgestel is vir
skandering nie.
b) Indien die radio ‘n sein (stem) optel by die kanaal wat ingestel is om
geskandeer te word, stop die radio en luister na die sein (stem). Sodra die
sein dan wegval, gaan die radio voort om te skandeer.
c) Om die radio se skandering aan of af te skakel - druk die MONI en PTT
sleutels gelyktydig in terwyl u die radio aanskakel. Kies kanaal 16
vir die radio om te skandeer.
d) Wanneer die FM radio funksie geaktiveer is, kan die radio nie skandeer
nie.
STEM SKAKELING
1. Stem aan- / afskakel word met sagteware opgestel.
2. Om die stem aan of af te skakel, druk die MONI in en skakel die radio aan.
3. Om verskillende tale te kies, skakel radio op kanaal 15, druk PTT en MONI
sleutels gelyktydig in en skakel die radio aan, kies ‘n taal
VOX
Deur van VOX gebruik te maak, skakel jy die handeling van PTT sleutel druk
elke keer wat jy wil praat, uit. Die radio saai outomaties elke keer uit wanneer

jy in die mikrofoon praat.
Die VOX funksie kan slegs werk met ‘n KOPSTUK (headset) toegerus met ‘n
mikrofoon.
Wanneer u van die VOX funksie gebruik maak, maak seker dat die volume
van die funksie korrek opgestel word, wat die toestel sal help om klankvlakke
te herken.
As die mikrofoon te sensitief is, sal die toestel begin uitsaai wanneer dit die
geringste agtergrond geraas optel.
Indien dit nie sensitief genoeg gestel is nie, sal gedeeltes van u gesprek nie
uitgesaai word nie.
Om hierdie funksie AAN/AF te skakel, gaan na kanaal 1 - 5, druk die MONI
en PTT gelyktydig in, en skakel die toestel aan.
ALARMFUNKSIE
Gaan na kanaal 11, druk en hou die PTT en MONI sleutels gelyktydig in, en
skakel die radio aan om die alarmfunksie te aktiveer / de-aktiveer. Hierdie
funksie kan ook met sagteware geprogrammeer word.
BATTERY KRAGBESPARINGSFUNKSIE
Met hierdie funksie sal die battery se krag bespaar word wanneer die radio
aangeskakel is, maar nie sein ontvang of nie gebruik word nie. Hierdie
funksie raak aktief 10 sekondes nadat die laaste radio aksie plaasgevind het.
Sodra die radio dan weer aktief raak, skakel die kragbesparingsfunksie
outomaties af.
BATTERY LAE KRAG ALARM
Die funksie herinner jou om jou battery te herlaai.
Wanneeer die battery kapasiteit begin min raak, sal jy ‘n alarm ontvang en
die radio se LED liggie sal ROOI flikker. Herlaai of vervang die battery.
KANAAL BESIG - BLOKKERING (BCL)
Die funksie kan met sagteware programmering opgestel word.
Die BCL funksie verhoed die gebruiker om met ander gebruikers in te meng
wat dieselfde kanaal gebruik. Terwyl gebruiker no. 1 die radio gebruik, en
gebruiker no. 2 wil ook op dieselfde kanaal praat, sal die radio ‘n
alarm maak en gebruiker no. 2 sal nie kan praat as hy die PTT sleutel druk
om te praat nie. Gebruiker no. 2 sal dan die PTT sleutel los en wag vir
gebruiker no.1 om eers klaar te praat.
CTCSS/DCS
Word slegs deur handelaars via sagteware opgestel.

SPESIFIKASIES
Frekwensie 400 - 470 Mhz
RF krag uitset ≤ 5W
Kanaal kapasiteit 16 kanale
Bedryfsspanning 3.7V
Grootte 115mm X 60mm X 33mm
Gewig 180g
ALLE SPESIFIKASIES KAN VERANDER SONDER KENNISGEWING
PROBLEEMOPLOSSINGSGIDS
Geen krag a) Maak seker die battery is korrek gekoppel
b) Batterypak mag uitgeput wees, herlaai of
vervang.
c) Maak seker battery kontakte is korrek
d) Stuur na u handelaar vir herstelwerk.
Kan die radio nie aan- a) Maak seker die battery is korrek gekoppel.
skakel nie, of radio sny b) Maak seker die battery kontakte is reg, as
onverwags uit die kontakte gebuig of stukkend is, neem na
u handelaar vir herstelling.
Kan nie met die gebruikers 1) Verskillende frekwensie of kanaal, verander
in my groep kommunikeer kanaal.
nie 2) Verskillende CTCSS/DCS herprogrammeer
3) Buite die radio se reikafstand
Ander groepe kom deur a) Verander die CTCSS op jou radio sowel as
op jou radio al die gebruikers in jou groep se CTCSS of
al die gebruikers moet oorskakel na ‘n ander
kanaal.
Die ander party ontvang a) Maak seker jou mikrofoon is in goeie werkende
gebroke of onduidelike toestand. Indien wel, neem handstel na jou
boodskappe van my handelaar vir herstel.

WAARBORG:
MODEL: DV-4350 RTS YZTERVARK
SER. NO: ________________________________________
HANDELAAR: ________________________________________
KLIENT NAAM: ________________________________________
ADRES: ________________________________________
________________________________________
DATUM GEKOOP: ____________________
TEL. NO: ____________________
FAX. NO: ____________________
HIERDIE WAARBORG IS ONDERHEWIG AAN:
1) 12 MAANDE WAARBORG OP DIE RADIO. BYBEHORE SOOS LAAIER,
BATTERY, ANTENNA WORD NIE GEDEK NIE.
2) FOUTIEWE RADIOS WORD DEUR KLIENT NA DIE RTS HANDELAAR
GESTUUR WAAR DIE RADIO AANGEKOOP IS.
3) HOU ASSEBLIEF U FAKTUUR VIR U WAARBORG.

THANK YOU!
We are grateful for your choice of our transceiver. We believe that this
easy-to-use transceiver will provide dependable and cost-effective
communications for you.
Our professional two-way radios incorporate the latest in advanced
technology and craft. So you will be pleased with the quality and features
of our products. Please read this manual carefully to ensure you know how
to properly operate the radio before use.

PRECAUTIONS
1. Refer service to qualified technicians only.
2. Do not disassemble or modify the transceiver for any reason.
3. Do not expose the transceiver under direct sunlight long time or to
extremely hot condition.
4. Do not place the transceiver on the unstable surface.
5. Keep the transceiver out of dust, moisture, and water.
6.Do not operate the transceiver or charge the battery pack under explosive
conditions.
SAFETY:
It is important that the operator is aware of and understands hazards
common to the operation of any transceiver.
WARNING
Please Turn the Transceiver Power off in the Following Locations:
* In explosive atmospheres (inflammable gas, dust particles, metallic
powders, grain powders, etc.).
* While taking on fuel or while parking at gasoline services stations.
* Near explosives or blasting sites.
* In medical institutions or aircrafts.

UNPACKING AND CHECKING EQUIPMENTS
Carefully unpack the transceiver. We recommend that you identify the
items listed in the following table before discarding the packing material.
If any items are missing or have been damaged during shipment, please
contact the dealers immediately.
SUPPLIED ACCESSORIES
Item Name Quantity
Antenna
Handstrap
Charger
Battery

Belt Clip
User’s Manual

CHARGING THE LI-ION BATTERY PACK
Please charge the new battery pack before using it.
The new or stored (more than two months) battery pack, which can not
reach its full capacity for the first charging. After 2 or 3 times charging
and discharging, it can reach full charge.
Just see the following instructions:
1. Plug the adapter into an electric socket.
2. Insert the transceiver or battery into the drop-in charging tray.
3. Ensure that the battery’s contacts connect with the drop-in charging
tray properly, while the charging is taking place, the light will glow
red.
4. After 3 hours charging, the LED indicator will light green which
means the full charge. Now remove the battery or the transceiver from
the drop-in charging tray.
NOTE: Do not recharge the battery pack if it is fully charged. Doing so
may cause the life of the battery pack to shorten or the battery pack may be
damaged.

INSTALLING/REMOVING THE BATTERY PACK
The usage time of JL-11 Battery Pack is about 8 hours, which is based
upon 5% transmit/5% receive/90% standby (standard duty cycle). See
following images:
CAUTION:
1.Do not short-circuit the terminals of the battery or throw the battery into
the fire.
2.Do not disassemble the battery pack yourself.
Table of contents
Languages:
Other RTS Two-way Radio manuals